11 March 2007

NeoGen Mixtape

Om jou blog-surfing plesier op NeoGen lekkerder te maak het ons 'n kuber-jukebox met tonne liedjies vir jou luisterplesier aangebring.

Die speler, wat jy aan die regterkant van die blog sal vind, het meer as 3h se musiek op een playlist en als van Christelike kunstenaars. "Om musiek te luister is 'n groot deel van my internet ondervinding," sĂȘ Steyn Strauss, direkteur van kreatiwiteit by NeoGen. "Mens is ook altyd opsoek na goeie Christelike musiek en baie mense leef onder die illusie dat daar nie so iets bestaan nie."

Die speler het 'n baie diverse variasie van genres en bands; van Hillsong United, Underoath, As I Lay Dying, Relient K en Jars of Clay, om net 'n paar op te noem. So luister gerus terwyl jy op die blog is en laat ons weet as jy van 'n spesifieke liedjie hou - dalk kan ons jou help om dit op te spoor.

No comments: