23 March 2007

De Klash Feedback!

So, De Klash het toe plaasgevind en sjoe, ek dink nie in die geskiedenis van die kerk het jonk en oud al so geworstel vir 'n bietjie respek nie!

Die NeoGen span was al teen 17:29 gereed vir die stryd met spandrag en al - en het nog vir 'n tyd gewonder of hulle enigsins teenstaanders gaan hê. Teen 18:10 was die twee spanne, NeoGen en Old School, gereed om mekaar te wys wie die beste tou kan trek. In beide die mans en dames afdelings het Old School weggehol met 'n 2-1 oorwinning.

Vir die vasvra was NeoGen vasoortuig van 'n oorwinning, net om uit te vind hulle is op teen vier volwassenes wat net so wel by MTV kon werk, so baie weet hulle van populêre kultuur af. NeoGen wen die vasvra met 1 enkele punt.

Voor die laaste item, die hotdogeet kompetisie, is die telling NeoGen 18, Old School 17. Old School loop voor vir meeste van die kompetisie, maar Johan Breytenbach van NeoGen red toe die dag deur sy geheime wapen, die triple chomp, te gebruik. NeoGen en Old School speel gelykop (5 elk) na die hotdogeet kompetisie, wat beteken NeoGen wen op die ou end met 23 punte teenoor 22!

Dit was 'n baie naby einde en ons sal graag wil weet wat volgende jaar gebeur.

Om die dag se manewales te gewaar, download die video podcast, met komplimente van die SkaatsCast.

5 comments:

Ewald van Schalkwyk said...

Like na baie nice event!

Ewald van Schalkwyk said...

Lyk na baie nice event. Mag ons dit ook gebruik? of is daar kopiereg op?

NeoGen: Kerk vir 'n Nuwe Generasie said...

Julle kan dit verseker gebruik! Voel vry. Thanks vir die kompliment.

Anonymous said...

Hello neogoen!
Wil net sê, julle doen 'n great werk en ek mal oor kerk! Dit gan sad wees as iemand in dsg moet uitgaan, maar sulke goed gebeur maar.

NeoGen: Kerk vir 'n Nuwe Generasie said...

ja dit sal seker sad wees, maar dink net hoe exciting dit sal wees om nuwe mense in dsg te sien!

blink kant bo, glas half vol!