28 July 2006

HIERDIE SONDAG :: BLINDE VERTROUE


Sondagaand 18:29 Stiptelik
NeoGen – NGK Welgelegen

Verbeel jouself iemand wat jy nie so goed ken nie, vra vir jou om na haar te luister. Sy sê vir jou om alles te los wat jy het – al jou besittings, vriende en almal wat jy ken – en trek na ‘n nuwe land toe.

Sal jy luister na die persoon? Dis seker veilig om te sê dat 99% van ons nie sal nie, bloot omdat ons nie die persoon vertrou nie.

Die vreemde ding is dat God – Hy wat ons gemaak het – na ons toe kom en so te sê vra: “Um, ekskuus tog, ek wil net weet of ek dalk jou God mag wees?”.

Hierdie Sondag kyk ons na ‘n persoon uit die Bybel wat ook deur God genader is en gevra was om na God, wat hy skaars ken, te volg.

Vir baie mense is dit moeilik om te begryp dat sommige van ons sukkel om vir God te vertrou, maar mens sukkel baie maklik om dit reg te kry wanneer God ‘n ‘tall order’ by jou kom insit.

Kom hierdie Sondag… Dalk sien jy die lewe in perspektief

24 July 2006

NEOGENPLUS 3DE KWARTAAL

Hierdie kwartaal kyk ons na gebed: die hoekom, hoe, (tot) wie, wat, waarvoor, en wanneer. Ons gaan in die besonder die "Onse Vader" behandel.

Vir die van julle wat nog nie weet nie, NeoGen Plus kom weekliks bymekaar om saam te gesels oor Christenskap en mekaar te laat versterk in geloof.

Dié kwartaal lyk asvolg:



26 Julie Inleiding: (Gebed en hoekom ons bid)

2 Aug “Ons Vader wat in die hemel is”

9 Aug “Laat U koninkryk kom”

16 Aug “Laat U wil geskied”

23 Aug “Soos in die hemel so ook op die aarde”

30 Aug “Gee ons vandag ons daaglikse brood”

6 Sept “En vergeef ons al ons skulde soos ons die vergewe wat teen ons sondig”

13 Sept “Laat kom ons nie in die versoeking”

20 Sept “Maar verlos ons van die bose”

So kom gerus, jy sal met ‘n ander oog na die Onse Vader kyk!

Woensdae
19:15
NGK Welgelegen Konsistorie (langs die groot saal)

Enige navrae, SMS 0847NEOGEN.

21 July 2006

NEOGEN LEGENDS :: 3de KWARTAAL

Welkom by die 3de kwartaal van NeoGen. Hierdie kwartaal kyk ons na 'n paar van die legends in die Bybel en hoe hulle 'n verskil gemaak het.

Hierdie eerste Sondag het 'n hele paar verrassings in, so jy beter nie uitmis nie en ons hoop om jou daar te sien...

10 July 2006

UNDERØATH TREF HOOG

Dis een van die jaar se groot rock deurbrake…

UNDERØATH , ‘n vorige ‘NeoGen Band van die Week’, het hierdie week tevoorskyning gemaak as die #2 album op die Amerikaanse Billboard Album Chart.

Hierdie metal-core band het meer as 97,000 kopieë van hul nuwe album, Define the Great Line verkoop. Die album lê klem op die aanhoudende innerlike wroeging wat met geloof gepaard gaan.

DEFINE THE GREAT LINE is nou beskikbaar in jou naaste musiekwinkel, en is ‘n definitiewe goeie aankopie vir enige Christelike musiekversameling.

Vir meer inligting, SMS 0847NEOGEN | NeoGen: Kerk vir ‘n Nuwe Generasie

03 July 2006

HIERDIE WOENSDAG OP ANTICONFORMITY

Hierdie Woensdagaand op Anticonformity chat Petrus met Mark Hall van die band Casting Crowns.

Dit gaan weereens 'n baie cool show wees, so wees ingeskakel op 104FM om 21:00.

Casting Crowns is een van die voorste Christelike bands in die wêreld, en op 18 Julie is hulle hier in Kaapstad! Hulle gaan optree by die His Peoples kerk by N1 Stad en kaartjies in nou beskibaar by jou naaste Computicket, so gaan bespreek NOU voor dit te laat is!

:: NEOGEN LUISTER ANTICONFORMITY OP RADIO TYGERBERG 104FM ::